"Ag wat kla julle ou stokkies, ek is omtrent op ontplof stadium, al daai OH-SO-Yummy rolletjies wat Hande nie wil uitlos nie," sug Mr.die Maag. Maar nie een van die Katinka-dele kan Mej. Hart se gevoel wen nie. Hulle staar in wonder. 'n Dikvellige klankie kom van onder af: "I wouldnt wear a smile like that, Miss. Heart, what if you skip a beat or something?" grom Mrs. Heels, "everyone knows I did most of the work anyway."
Maar niks van die krampe en kneuse keer Mej. Hart nie, want die hart wil he wat die hart wil he,en niemand gan haar keer nie.
Die tasse rol om en om op die rolbelt. "Daars hy," se die tweeling Oogie, "vat hom, die blou een."
" Ja ek sien hom... daarsy, het hom! yippee!" se Hande terwyl hy steunend en kreunend die tas van die belt afrol.
Die deure swaai oop. Die tweeling Oogie spring van links tot regs, op en af: "waar kruip hy weg?"
Maar Mej. Hart glimlag en begin so ritmies klop, doef doef doef, al vinniger en vinniger, dat Mr. die Maag se asem wegslaan. Toe raak almal stil, tjoep stil.
Tweeling Oogie begin vladder want hulle sien nou wat die Hart sulke blykskap bring.
En skielik ten midde die stilte, fluister Mej Hart: "Ek het jou gemis my hartlief."
No comments:
Post a Comment